Meer oor ons

Wie is ons?

Wie is ons? King's Church International is nie 'n denominasie nie, maar 'n Christelike kerk.

Missie

Om die grootste gebod na te volg.

"Jy moet die Here jou God lief hê met jou hele hart en jou hele siel en met al jou verstand. Dit is die grootste en eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelykstaan is: 'Jy moet jou naaste lief hê soos jouself'"
Matteus 22:37-39

Om die Groot Opdrag uit te voer

"Gaan dan na al die nasies toe maak die mense my dissipels; doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het." Matteus 28:19

Visie

Ons visie is om te sien dat God se Koninkryk hier op aarde gevestig word en om 'n lig vir die nasies te wees. Matteus 6:10 en Jesaja 60: 1 - 3.

Waardes

Liefde. Hoop. Geloof. Familie. Verbond. Genade. Getrou. Vreugde. Vrygewig. Werk. Rus. Gehoorsaamheid. Vriendskap. Lojaliteit. Eer. Visie. Karakter. Uithou. Oorkom. Kreatiwiteit. Span. Dien. Leierskap. Integriteit. Menslik. Vrede. Heilig. Lewe.

Agtergrond

King's Church International (Oorspronklike Kings Church) is gestig in 1943 deur WTH Billy Richards, 'n steenkoolmyn werker van Suid-Wallis. Vandag word die kerk gelei deur Senior Pastoor Wes Richards, 'n voormalige joernalis, wat deel geword het van die personeel in 1975 en die pos beklee vanaf 1978.

Die Suid-Afrikaanse tak (vroeër bekend as Filadelfia) is gestig in 1987. Gert en Lina Erasmus het die gemeente begin lei in 1989. In 2003 het hul twee dogters in die huwelik getree met Pastoor Richards en sy oorlede vrou Carol se twee seuns. Twee jaar later het Gert en Lina se seun met die suster van die twee seuns getrou. Kort na die huwelike is Pastoor Richards gevra om die Apostoliese leier van die kerk in Robertson te word.

Op 25 Maart 2009 het die kerk se naam verander na King's Church International. Die leiers van die gemeente praat met groot waardering van die skakeling met King's Church International en verwelkom die twee gemeentes se samesmelting.

Leierskap

Die kerk word gelei deur Pastoor Gert en Lina Erasmus. Die apostoliese leier is Pastoor Wes Richards, 'n voormalige joernalis, wat sy afgestorwe pa se kerk begin lei het in 1978. Hulle word ondersteun deur 'n span van 12 egpare van die gemeente.

Mense

Ons is 'n multi-etniese en multi-kulturele kerk wat bestaan uit mense van alle ouderdomme, verskillende agtergronde en loopbane.