Verklarings van Senior Twaalf groep

Die eerste Sondag van King’s Church International in Robertson Suid-Afrika op die 29ste Maart 2009, het die twaalf pare in leierskap die volgende verklarings in die gemeente gedoen. Pastoor Wes Richards, wat die gemeente apostolies lei, het die gemeente gevra of hulle met die volgende verklarings saamstem. Die gemeente het daarna in die openbaar saamgestem met die verklarings.

  1. Ons verklaar dat hierdie kerk nie sy eie weg sal volg nie, maar dat ons; onsself onderwerp aan die gesag van Jesus Christus en Hom heelhartig sal aanbid”
  2. Ons verklaar, ons oorgawe aan die Woord van God, die Bybel, om nie net hoorders te wees nie, maar daders”
  3. Ons verklaar, dat ons nie die Heilige Gees sal weerstaan nie, maar dat ons die Heilige Gees leiding sal volg in elke area van ons lewens asook in die kerk.
  4. Ons verklaar, dat ons die bedieninge van apostels, profete, evangeliste, herders en leraars erken en verwelkom sodat elke lidmaat kan ontwikkel in bediening en tot volwassenheid gebring kan word
  5. Ons verklaar, dat ons, ons bekeer van sonde en ongeregtigheid en dat ons, onsself gee vir ‘n heilige lewe wat moontlik gemaak is deur die bloed van Jesus.
  6. Ons verklaar, dat ons, ons distansieer van wetiesheid en dat ons die genade van God koester.
  7. Ons verklaar, dat ons elke vorm van skinder en kritiek weerstaan en dat ons ten alle tye opbouend sal praat teenoor mekaar, asook die liggaam van Christus.
  8. Ons verklaar, dat ons ‘n kultuur van eerbetoning sal ontwikkel tot God, die regering, ons geestelike leiers, ons gesinne asook elke individu.
  9. Ons verklaar, dat ons rassisme en nasionalisme verwerp en dat ons alle mense, wat na God se beeld gemaak is, sal liefhê en respekteer.
  10. Ons verklaar, dat hierdie gemeente die armes en behoeftiges sal bedien, asook om kinders te waardeer en op te lei in die weë van die Here.
  11. Ons verklaar, dat ons die Groot Opdrag van Jesus sal gehoorsaam deur die maak van dissipels van elke nasie.
  12. Ons verklaar, dat ons die Koninkryk van God eerste sal soek en sal werk, lewe, bid en gee, sodat daar plaaslike sowel as wêreldwye verandering kan plaasvind.

(12 Verklarings geskryf deur Wes Richards Snr.)