9X6A9826.jpg
9X6A8739.jpg
9X6A0226.jpg
9X6A9826.jpg

Welkom

King’s Church International het ‘n hart vir mense – mense van verskillende agtergronde wat God se liefde eerstehands ervaar het en sodoende as familie saamgevoeg is.

SCROLL DOWN

Welkom

King’s Church International het ‘n hart vir mense – mense van verskillende agtergronde wat God se liefde eerstehands ervaar het en sodoende as familie saamgevoeg is.

JY IS UITGENOOI

Welkom by King’s Church International, Robertson.  Jy is welkom om n Sondagdiens by te woon of ‘n selgroep waar jy Jesus kan leer ken en nuwe vriende kan maak. Raak deel van ons familie.  Ons sien uit om jou te ontmoet!

Familiediens

Familiediens

LAERSKOOL ROBERTSON
om 9vM

Ons familiediens op Sondae is ‘n geleentheid om as n groter groep saam te kom vir lofprysing, om meer van die Bybel te leer en mekaar te bemoedig.  Sluit hierdie Sondag by ons aan om 9vm by Robertson Laerskool.

Kinderkerk

kinderkerk

LAERSKOOL ROBERTSON
om 11vM

Kinders was nog altyd die hart en middelpunt van die gemeente se bediening en duisende het oor die jare vanuit die Breederiviervallei bygewoon. Die gemeente bied elke Sondag ‘n opwindende diens vir kinders van die ouderdom van 5 tot 12 jaar aan. Dit sluit in speletjies, lofprysing, Bybelstories en onderrig.

Jeugdiens 

CALLIE DE WET SPORTSENTRUM OM 11VM

Ons Jeugbediening is gemik op jongmense tussen die ouderdom van 13 en 19 jaar en bied die geleentheid om relevante onderwerpe te bespreek, ‘n toepaslike boodskap vir hulle ouderdom te hoor en bied ook die geleentheid vir lofprysing, gebed en hope pret!

9X6A8739.jpg

Selgroepe

Meer as 30 selgroepe ontmoet deur die week in die Breederiviervallei. Selgroepe vorm ‘n integrale deel van die kerk waar daar versorg en bemoedig word, en riglyne gebied word om te groei in geloof.

‘N BOODSKAP VAN DIE PASTOOR

Dis vir my ‘n voorreg om jou te verwelkom by Kings Church International. Mense vorm die fondasie van ons kerk; mense van verskillende agtergronde wat die Here se liefde eerstehands ervaar het en deel van ons kerkfamilie geword het. Ons kerkfamilie strek oor meer as een generasie - van jongmense tot ouer mense, van enkellopendes tot paartjies, ouers en kinders. Wat ons saam bind, is ons geloof in Jesus Christus en vertroue in die groot genade van God wat hoop bring vir alle mense. Ons sien uit daarna om jou binnekort te ontmoet.

- Pastoor Wes Richards
Senior Pastoor by KCI Windsor en Apostoliese oversiener oor KCI Robertson

9X6A0226.jpg

WAT GEBEUR DIE JAAR?

King’s Church International bied dwarsdeur die jaar geleenthede om mense welkom te laat voel en te help groei in hulle geloof sodat elkeen sy volle potensiaal kan bereik. Dit skep ook n geleentheid om betrokke te raak by die kerk en verhouding te bou met ander.

BENODIG JY MEER INLIGTING?

Ons kontakbesonderhede is hieronder.

t: +27 (0)23 626 3860
e: info@kcionline.co.za
a: Robertson Laerskool, Robertson

King's Church International
FNB Robertson
Account number:
62032918859
Branch code:
200413

KONTAK ONS

VIND DIE LAERSKOOL

Vind ons deur Google →